Rotariërs vra aandag op voedselsekerheid, veral in Afrika

Die Rotariërs se internasionale president, Gordon McInally, doen ‘n beroep op lande om aandag te gee aan voedselsekerheid, veral in Afrika suid van die Sahara. Hy beklemtoon lande soos Malawi, Zambië en Zimbabwe het uiterste droogte ervaar, wat gelei het tot voedseltekorte. Mclnally besoek Suid-Afrika om die vordering met verskeie voedselsekerheidsprojekte wat die organisasie landwyd van stapel gestuur het, te sien. Hy het planne aangekondig om hierdie projekte uit te brei na ander dele van die vasteland.