Assange moet tot Mei wag oor uitleweringsverhoor

WikiLeaks-stigter Julian Assange se uitlewering aan Amerika vanaf Brittanje is tydelik op ys geplaas, nadat die Londense hooggeregshof gesê het die Verenigde State moet die versekering gee dat hy nie die doodstraf opgelê sal word nie. Amerikaanse aanklaers probeer om die 52-jarige Assange op 18 aanklagte te verhoor oor WikiLeaks se vrystelling van vertroulike Amerikaanse militêre rekords en diplomatieke kabels. Nadat Brittanje verlede jaar die groenlig gegee het vir sy uitlewering, het Assange se prokureurs in Februarie ‘n laaste poging in die Engelse howe geloods om dié besluit te betwis. Assange se prokureurs het ‘n opmerking uitgelig deur voormalige Amerikaanse president Donald Trump wat in 2010, toe hy WikiLeaks bespreek het, gesê het dat hy “dink daar moet ‘n doodstraf of so iets wees”, lui die uitspraak. Die hof sal op 20 Mei weer die saak oorweeg.