Fnuik die boetebessie met ‘n KP-kaart

Die parkering in Windhoek se middestad bly ‘n uitdaging veral omdat parkeerkostes daar en dan in kontant aan ‘n boetebessie betaal moet word. Key Plot Investments bestuur die parkering en as gevolg van uitdagings met die opsporing van die sogenaamde boetebessie, het die maatskappy nou ‘n kaart bekend gestel wat vooraf gelaai kan word en benut word vir parkering. David Angula, operasionele bestuurder by die maatskappy verduidelik die KP-kaart.