Meganisasie van landbou ‘moet doeltreffend wees’

Meganisasie speel ‘n kritieke rol om in die groeiende globale vraag na voedsel te voorsien, terwyl dit van landbou ‘n meer doeltreffende en volhoubare bedryf maak. Daar is deurlopende planne om voedselstelsels wêreldwyd te verbeter. Verder is toegang tot tegnologie, infrastruktuur en opleiding vir boere van kardinale belang om te verseker dat meganisasie alle aspekte van die voedselstelsel bevoordeel. Die ongelukkige aspek is egter dat meganisasie duur is. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukundige Wallie Roux gesels oor die meganisasie van landbou in Namibië.