SA parlement wens hoofman Charumbira geluk

Suid-Afrika se parlement het die president van Zimbabwe se raad van hoofde, Fortune Charumbira, gelukgewens met sy herverkiesing as president van die Pan-Afrikaanse Parlement. Hy is herverkies om sy driejaartermyn te voltooi wat in Junie 2022 begin het. Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, sê hoofman Charumbira se mandaat is om voort te gaan om die Pan-Afrikaanse Parlement aan te moedig om te strewe na Afrika-eenheid en die vasteland se eenheid.