Sitruskwekersvereniging mik na bedryfsgroei
Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika het Gerrit van der Merwe as voorsitter aangestel vir ‘n twee-jaar termyn. Hy volg Hannes de Waal op. Van der Merwe, wat voorheen die besturende direkteur van ALG Estates was, het ‘n gemeenskapsgerigte benadering beloof om ekonomiese vooruitsigte in die bedryf te verbeter. Van der Merwe poog om logistieke en marktoegangsuitdagings in die bedryf voorop te stel. Sy aanstelling val saam met planne om 100-miljoen kartonne sitrus uit te voer wat 100 000 werksgeleenthede sal skep.