Kenia besorg kultusslagoffers se liggame aan families

Keniaanse owerhede begin vandag die liggame van verskeie mense wat gekoppel is aan ‘n oordeelsdag-kultus in ‘n saak wat die land en die wêreld geskok het, terugbesorg aan hul families. Die oorskot is die eerste wat aan hul families oorhandig is nadat daar byna ‘n jaar noukeurig gewerk is om hulle met behulp van DNS te identifiseer. Honderde liggame, insluitend dié van kinders, is opgegrawe uit vlak massagrafte wat in April verlede jaar in ‘n afgeleë wildernis in die binneland van Malindi aan die Indiese Oseaan ontdek is.