Andy Murray weer buite aksie

Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioen, Andy Murray, sê hy gaan ʼn tyd lank buite aksie wees. Hy het Sondag sy enkel-ligament geskeur tydens sy nederlaag teen Tomas Machac op die Miami Ope. Die 36-jarige speler sê hy sal ʼn enkelspesialis gaan sien om vas te stel wat die volgende stappe moet wees. Murray se jongste beserings-terugslag kom net minder as twee maande voor die Franse Ope en ongeveer drie maande voor Wimbledon, waar hy al twee keer kampioen was.