700 000 SIM-kaarte, 5 dae, 1 Paasnaweek

Die inligtingsministerie het weer vandag beklemtoon dat daar nie ‘n verdere uitstel sal wees in die periode vir SIM-kaartregistrasies nie. Die tyd loop Sondag uit en daar is nog ongeveer 700 000 SIM-kaarte, wat tans as aktief beskou word, wat nog nie geregistreer is nie. Die ministerie se woordvoerder Shoki Kandjimi het aan plaaslike media bevestig dat daar ‘n verwagting was dat 90 persent van kaarte nou geregistreer sou wees maar dit is nie die geval nie – en Paasnaweek lê voor. Kaarte wat nie teen Sondag geregistreer is nie, sal gedeaktiveer word met ‘n 90-dag grasieperiode om nog te registreer en die kaart weer te aktiveer.