Olifant wat man vertrap steeds soek

Die omgewingsministerie sê sy spanne soek steeds na die betrokke olifant in Woensdagaand se noodlottige olifantaanval naby Ruacana. Intussen sê die polisie die oorledene is as Pau Kanyome, ‘n 48-jarige Angolese burger wat as ‘n huishulp werksaam was, geïdentifiseer. Daar word beweer dat die oorledene saam met twee ander mense ‘n olifant uit ‘n mahangu-veld gejaag het. Die minister, Pohamba Shifeta, het lede van die publiek aangemoedig om op te hou om die olifante aan te val, aangesien dit tot lewensverlies kan lei.