Onluste in ’21: Man skuldig aan moord

Die hof in Scottburgh in Suid-Afrika het Joel Fenton Pillay tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir ‘n moord wat hy tydens die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal gepleeg het. Die 38-jarige voormalige sekerheidsbeampte het Lindani Mthethwa geskiet terwyl hy na die bushalte in Verulam gestap het. Pillay het daarna van die toneel af weggevlug. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara sê Pillay is skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade: