Boeing-baas sal bedank
Boeing se uitvoerende hoof, Dave Calhoun, sal aan die einde van hierdie jaar die firma verlaat te midde van ‘n toenemende krisis oor sy veiligheidsrekord. Boeing verkeer onder druk nadat ‘n ongebruikte deur van ‘n Boeing 737 Max in Januarie afgewaai het, kort nadat die vlug opgestyg het. Boeing staar na berig word ‘n misdaad-ondersoek oor die voorval in die gesig, sowel as regstappe deur passasiers aan boord. Calhoun se voorganger, Dennis Muilenburg, is ook afgedank, nadat twee splinternuwe 737 Max-vliegtuie in byna identiese ongelukke betrokke was en die lewens van 346 mense geëis het.