Trump se Stormy Daniels-saak begin 15 April
Oudpresident Donald Trump van Amerika se strafregtelike saak oor vermeende omkoopgeld aan die filmster Stormy Daniels om stil te bly, begin op die 15de van volgende maand in New York. Hy word aangekla dat hy sakerekords vervals het wat verband hou met betalings aan Daniels in die dae voor die 2016-presidentsverkiesing. Trump pleit onskuldig. Die verhoor sal die eerste in die geskiedenis wees teen ʼn oudpresident van Amerika. Trump beskryf die vervolging as ʼn heksejag: