Opposisie se Faye vat Senegal-verkiesing
Die Senegal-opposisiekandidaat Bassirou Diomaye Faye sal in alle waarskynlikheid as die land se volgende president verklaar word nadat sy mededinger van die regerende koalisie toegegee het. Amadou Ba, 62-jarige kandidaat vir die regerende koalisie, het sy ondersteuners se vieringe aanvanklik voortydig genoem maar hy het laat Maandag die 44-jarige Faye geskakel en toegegee. Hy het ook ‘n amptelike verklaring in die verband uitgereik. Faye sal die jongste president in die geskiedenis van die land wees.