Deon Meyer, Jana Cilliers by KKNK vereer

Die skrywer Deon Meyer en aktrise Jana Cilliers is van die mense wat vanjaar vereer word op die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees wat tans in Oudtshoorn plaasvind. Die fees wil kuns-bydraes in onder meer letterkunde, toneelspel en beeldende kunste in die Afrikaanse gemeenskap vereer. Die DA se Wes-Kaapse woordvoerder vir kultuursake, Gillion Bosman, sê die fees bevorder ook ekonomiese groei in die streek: