Cosatu sê Israel moet uit wêreldsokker geskors word

Cosatu doen ‘n beroep op sokkerliggame SAFA en CAF om te eis dat FIFA en UEFA Israel onmiddellik skors en die land uitskop. Die federasie sê dit sal keer dat Israel aan enige internasionale sokkerbedrywighede deelneem totdat die oorlog teen die mense van Palestina beëindig is en die land vry is. Die waarnemende woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê die federasie kan nie normale verhoudings goedkeur nie en sal steeds vra vir ‘n boikot, onttrekking en sanksies teen Israel: