DBN behou sy rommelstatus

Die kredietgraderings-agentskap Fitch Ratings, het die Ontwikkelingsbank van Namibië se langtermynskuld in buitelandse valuta, die rand uitgesluit, op twee range onder beleggingsgraad gehou. Die agentskap sê die verhouding van fase-3 verswakte lenings van die bank het van 13 persent aan die einde van Maart 2020 tot 33 persent aan die einde van Maart verlede jaar gestyg. Dit, gekombineer met die bank se volle eienaarskap deur die regering, is van die sleutelfaktore wat die gradering op BB-minus te handhaaf, wat rommelstatus is.