Zim-boer Ben Freeth gesels vir oulaas oor die perde wat hom Windhoek toe gebring het

Ben Freeth van Mike Campbell se Mount Carmel-plaas in Zimbabwe, wat deur Zimbabwiese oorlogsveterane onder Robert Mugabe se regime oorgeneem is, was in Namibië op ‘n “Long Ride for Justice”. Hy het met verskeie perde Windhoek toe gestap. Hierdie reis vir geregtigheid was om bewusmaking te kweek van die noodsaaklikheid om regters aan te stel sodat die SADC Tribunaal kan funksioneer. Freeth praat oor die verskeie perde wat sy tog meegemaak het.