Amushelelo sê hy lewer sy petisie alleenlik aan president

NEFF-lid Michael Amushehelo se protes teen jeugwerkloosheid op Onafhanklikheidsdag het vreedsaam afgeloop maar, daar was niemand om hulle petisie te ontvang nie. Hy het dus kennis aan die kantoor van die president gegee dat hy Woensdag die petisie sal aflewer. Hy voeg by hy eis dat president Nangolo Mbumba die dokument ontvang. Hy sê hulle is bereid om buite staatshuis uit te kamp tot die president die petisie ontvang.