Steinhoff se Grobler hoor vandag oor borg

Uitspraak sal vandag gelewer word in die Pretoria Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in die borgtogaansoek van die voormalige Steinhoff uitvoerende bestuurder en prokureur, Stéhan Grobler. Hy het homself Vrydag aan die polisie oorgegee, ‘n dag nadat die voormalige uitvoerende hoof, Markus Jooste, sy eie lewe geneem het. Grobler ontken die aanklagte van bedrog en rampokkery teen hom. Sy regsverteenwoordiger, advokaat Francois Roets, versoek borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand. Die staat is teen borgtog gekant, maar sal 200 000 rand aanvaar.