Prins Harry en Meghan reik uit na Catherine
Prins Harry en Meghan oftewel die hertog en hertogin van Sussex het na die prins en prinses van Wallis uitgereik ná die aankondiging van Catherine se kankerdiagnose. Kensington-paleis het nie kommentaar gelewer nie, maar volgens die Britse Uitsaaikorporasie is die kontak glo privaat gemaak. Prins Harry en Meghan het vroeër gesê hulle wens “gesondheid en genesing” vir Catherine toe. Hulle wens ook vir haar en haar gesin privaatheid en vrede toe.