Indiese vloot vat seerowers vas

Die Indiese vloot het 35 Somaliese seerowers aan die polisie in Moembaai oorhandig. DIt is ná 100 dae van aksie teen rowers oos van die Rooi See. Indië, die grootste nasionale mag in die Golf van Aden en noordelike Arabiese See-streek, het verlede week die seerowers van die vragskip Ruen gevange geneem, drie maande nadat dit aan die Somaliese kus gekaap is. Seerowers het meer as 20 kapings sedert November uitgevoer of probeer.