Passasiersbote woelig in Namport-hawens

Namport verwag meer as 32 passasiersvaartuie tussen nou en Desember. Die hawe-owerheid het homself goed bemark vir die bedryf en dit werp vrugte af. Dit bring ook ‘n hupstoot aan die kus se ekonomie. Uitvoerende hoof vir kommersiële dienste, Elias Mwenyo vertel van die nuwe bedrywighede in Namibiese hawens.