Sabalenka skop goed af by Miami Ope
Tennis: Die wêreldnommer-twee, Aryna Sabalenka, het teruggekeer na die baan en Paula Badosa van Spanje gemaklik met 6-4, 6-3 geklop om deur te dring na die derde ronde van die Miami Ope, dae na die dood van haar voormalige kêrel, Konstantin Koltsov. Dit was n lang en moeilike week vir die 25-jarige Belarussiese speler, wat ‘n loslootjie in die eerste ronde gehad het. Swaar reën oor die suide van Florida het spel met net meer as ses uur vertraag.