Massagraf in woestyn dalk weens mense-handel
’n Massagraf met ten minste 65 liggame van migrante is vandeesweek in die suidweste van Libië ontdek. Die VN se migrasie-agentskap sê die omstandighede van hul dood en nasionaliteite bly onbekend.Daar word geglo dat hulle gesterf het in die proses om deur die woestyn gesmokkel te word. Kenners meen dit is deel van ‘n mensehandelsindikaat se bedrywighede.