Alles loop lekker by die LPM
Die operasionele sekretaris van die LPM Dawid Eigub, het met lede van die publiek op Witvlei gepraat. Hy beklemtoon dat Namibiërs weer hulle waardigheid moet terugkry en voeg by, dat daar geen kommer moet wees nie, die LPM is verenig en staan sterk.
Sy kommentaar kom na berigte dat die party se twee leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb haaks is met mekaar.