Dis nie net vir ‘bring Air Namibia terug’ nie
Die belangrikheid van ‘n nasionale lugredery hang af van ‘n land se spesifieke omstandighede. Dit kan ‘n beduidende ekonomiese dryfveer wees, nasionale identiteit bevorder en strategiese voordele bied, maar dit moet ook opgeweeg word teen potensiële koste en ondoeltreffendheid. Met die likwidasie van Air Namibia het dit verskeie nadele gebied vir Namibiese toerisme. Op sosiale media het die kwessie weer ter sprake gekom en Nathaly Ahrens die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging het meer verduidelik wat die oorsake was van die lugredery se ondergang.