GOOD sê Gauteng vermors 44% water met lekkasies

Die GOOD Party in Gauteng sê dis duidelik die provinsie se waterstelsel is nie goed onderhou nie. Hy voeg by dis ʼn weerspieëling van infrastruktuur-tekorte in Suid-Afrika weens historiese onreg. Inwoners in sekere dele van die provinsie ervaar reeds weke lank watertekorte. Dewan de Swardt van die GOOD Party sê ongeveer 25 persent van die vars drinkwater in Gauteng gaan weens lekkasies verlore. Hy sê in die Stad Johannesburg is die verlies 44 persent: