Befondsing vir Kalimbeza is goed, maar…
Die plaaslike ekonoom Salomo Hei, wat vertroud is met landbou en veral die Kalimbeza-rysprojek, sê die begroting van 8 miljoen Namibiese dollar word verwelkom. Die projek sukkel reeds tien jaar op werklik op die been te kom. Hei sê terwyl die befondsing verwelkom word, moet daar ‘n raamwerk en ordentlike beplanning wees.