Valke bevestig lasbriewe vir Jooste, Grobler
Die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika het bevestig lasbriewe is uitgereik vir die arrestasie van Markus Jooste en Stephanus Grobler in verband met die Steinhoff-skandaal. Die lasbriewe is Woensdag uitgereik vir beweerde bedrog, rampokkery en die oortreding van die Wet op Finansiële Markte, rakende Steinhoff International Holdings. Grobler het vanoggend in die hof verskyn, terwyl Jooste Donderdagmiddag sy eie lewe geneem het nadat hy van die lasbriewe verneem het. Uitgangsroetes uit die land is vroeër beveilig om te verhoed dat die verdagtes vlug, voordat die verdediging oor die inhegtenisnemingsbevele ingelig is.