Cope sê Zuma & Ramaphosa het kultuur van korrupsie geskep
Die Congress of the People sê die buurland se twee presidente sedert 2009 het ʼn kultuur van endemiese korrupsie, gebrek aan aanspreeklikheid en die mislukking van die staat se vermoë om betroubare dienste te lewer, teweeg gebring. Die party se waarnemende hoofsekretaris, Erick Mohlapamaswi, sê 62 persent van die land se mense leef vandag in armoede en verlede jaar was daar 27 000 moorde. Dit beteken burgers kan nie veilig voel en hulle menseregte geniet nie. Hy sê die Grondwet moet gerespekteer word omdat dit maatskaplike geregtigheid en gelykheid bevorder: