Haïti: Bendeleier Ti Greg doodgeskiet

Haïti se bendes maak vordering in Port-au-Prince met politieke partye wat besig is om ‘n oorgangsregering te vorm. Die polisie in Port-au-Prince het bevestig dat ‘n groot bendeleier, Ernst Julme, bekend as Ti Greg, deur veiligheidsmagte doogeskiet. Julme het die Delmas 95-bende gelei. Ulrika Richardson, die VN se humanitêre koördineerder vir die land, het tydens ‘n nuuskonferensie van Haïti via videoskakel gesê die daaglikse lewe is gedefinieer deur padblokkades en die geluid van geweerskote, en beskryf “enorme” hoeveelhede mense wat ontheem word wanneer bendes woonbuurte oorneem.