Harry pas sy stukke aan in Murdoch-saak
Rupert Murdoch se Britse poniekoerante het prins Harry se landlyn-telefone afgeluister en toegang verkry tot boodskappe van sy oorlede ma, prinses Diana. Dit is volgens sy prokureurs. Harry, die jonger seun van koning Charles en wyle prinses Diana, en meer as 40 ander dagvaar News Group Newspapers oor beskuldigings van onwettige aktiwiteite deur joernaliste vanaf die middel-1990’s tot 2016. Regter Timothy Fancourt het verlede jaar bevind dat Harry nie dekades oue oortredings in sy stukke kan gebruik nie omdat dit te oud is. Harry se prokureurs het nou in ‘n verhoor probeer om sy regsgeding te wysig in die lig van dié uitspraak, en om ander, nuwe bewerings by te voeg.