Vandalisme kom Okahandja duur te staan

Die elle-lange kragonderbreking op Okahandja die week is veroorsaak deur vandalisme. Die dorp was vanoggend ook sonder krag omdat instellings by die transformator gedoen moes word. Vir huishoudings en besighede sonder enige kragopwekkers het die misdaad hulle duur te staan gekom. Charl Coetzee van die dorp se inwonersgroep, Orpa, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.