Vertroue in Netanyahu daal skerp

‘n Navorser by Chatam House, die Britse dinkskrum, sê Israeli’s vertrou nie vir Benjamin Netanyahu nie. Volgens Yossi Mekelburg het sy aanpassings aan die regstelsel die eerste probleme veroorsaak en nou handel sy voortgesette premierskap oor of hy die oorlog in Gaza gaan voortsit of nie.