Saftu het kommer oor Suid-Afrikaners se skuld
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die toenemende skuld onder krediethouers in Suid-Afrika wat veral middelklas-werkers raak. ʼn Verslag deur Eighty20 vir die vierde kwartaal toon die stygings in rentekoerse sedert 2021 het skuldvlakke vererger. Krediethouers se terugbetalingspaaiemente beloop 47 persent van hulle inkomste wat daartoe lei dat wanbetaling onder alle demografiese groepe in die land toeneem. Trevor Shaku van Saftu.