Eerste tydren aan die kus die naweek

Walvisbaai Motorklub bied Saterdag die eerste nasionale saamtrek onder die vaandel van die Namibië Motorsport Federasie in en om die kusdorp Swakopmund aan. Die kort maar intense Swakop-tydren sal tel as Rondte 1 van die 2024 Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskap, met ‘n totale afstand van 154,39 km waarvan 93,18 km uit spesiale sneltrajekte in en om Swakopmund bestaan. Die tydren sal om 10-uur die oggend by Steckel’s Toyota begin en sal omstreeks 5-uur die middag by die Paintball-sentrum in die kusvakansiedorp eindig. Die verskillende klasse wat by die wegspringpunt sal aanmeld is S1, S2 en S4, asook die CR2- en CR1-voertuie. Francois Lottering van Motor Media Namibia het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.