Zim: 2,7m sal honger ly vanjaar
Zimbabwe gaan nes al sy buurlande, gebuk onder droogte. Die land het sedert 2000, toe voormalige president Robert Mugabe beslag gelê het op plase in wit besit, nie daarin geslaag om homself te voed nie. Die krisis is vererger deur die El Nino klimaatverskynsel. Die regering sê 2,7 miljoen mense vanjaar honger sal ly, hoewel die werklike getal hoër kan wees. Daar word oorweeg om ‘n noodtoestand af te kondig.