Vetsug in SA-kinders lei tot toenemende gewrigsprobleme
‘n Onlangse studie beklemtoon kinders so jonk as vier ervaar gewrigsprobleme as gevolg van vetsug, ‘n wêreldwye tendens wat die helfte van Suid-Afrika se bevolking raak. Sowat 13-persent van Suid-Afrikaanse kinders onder vyf is oorgewig. Vetsug hou verskeie gesondheidsrisiko’s in, onder meer tipe 2-diabetes, hartsiektes en gewrigsprobleme. Die verslag dui aan 3-persent van vier- tot vyf-jarige kinders en 8-persent van tien- tot elf-jariges het ten minste al een doktersafspraak gehad oor gewrigsprobleme. Die gewrig- en knieprobleme word veroorsaak deur die oormaat gewig wat gedra word.