Ierse premier bedank skielik
Leo Varadkar, eerste minister van Ierland het bedank. Die stap kom as ‘n skok, ‘n jaar voor verkiesings in die land gehou moet word, en kort nadat hy teruggekeer het van ‘n staatsbesoek aan die VSA. Die 45-jarige Varadkar, wat in 2017 die eerste gay premier van die eens stoere Katolieke land geword het en net 15 maande gelede na die premierskap teruggekeer het, sê sy redes is persoonlik en polities. Sy Gael-party sal ‘n nuwe leier kies en verkiesings sal eers volgende jaar Maart, soos geskeduleer, gehou word.