Onafhanklikheid-vieringe ‘kan nie in geld gemeet word’

Vanjaar lei alle paaie na die Zambezi-streek om Namibië se 34ste Onafhanklikheidsdag-herdenking te vier. Vele Namibiërs is egter van mening dat die geld wat op die feestelikhede bestee gaan word, beter aangewend kan word om die land se probleme op te los. Dit sluit in die kwessie van werkloosheid, om die lewensomstandighede van die armes te verbeter en om onderwys vir alle Namibiërs te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan Swapo-politikus Pendukeni Iivula-Ithana gepraat, wat in 1974 in ballingskap gegaan het en een van die eerste vrouevegters in die People’s Liberation Army of Namibia, of Plan, geword het. Iivula-Ithana sê die belangrikheid van Onafhanklikheidsdag kan nie in geld gemeet word nie.