Vir wat sal die jeug wil gaan stem?
Terwyl die land vir die 2024-verkiesing voorberei, word gefokus op die wye reeks politieke partye en kandidate wat aan die verkiesing gaan deelneem. Swapo, met sy jarelange politieke oorheersing, is onder meer onder die loep asook verskillende politieke partye wat in die nuus opslae gemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner, dr. Marius Kudumo, gesels oor die politieke landskap in Namibië voor die verkiesing.
Dit is bekend dat die jeug nie in groot getalle gaan stem nie. Kudumo sê die probleem lê dieper as net kiesersapatie.