Hardap word leeg – wat nou vir die groenskema?

Boere op die Hardap-besproeiingskema raak al hoe meer angstig aangesien die lae vlakke van die Hardapdam steeds vererger as gevolg van onvoldoende reënval. Die bedreiging van oesmislukkings is groot, en boere maak alarm oor die verskriklike gevolge wat dit op sowel die landbou as die omliggende gemeenskappe kan hê. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukundige Wallie Roux gesels, wat ‘n oorsig gee van hoe dit die lusern- en melkbedryf gaan raak.