ARM besig met hernuwing
Die Affirmative Repositioning Movement is ‘n radikale beweging in Namibië wat daarop gemik is om die sosio-ekonomiese toestande van die jeug te verbeter en grondkwessies aan te spreek. Die afgelope paar maande was die beweging besig om homself te herorganiseer om sy programme self reg te stel en te herevalueer. ‘n Jeugaktivis verbonde aan die beweging, George Kambala, gee ‘n opdatering oor waarmee die beweging tans besig is.