Finland steeds wêreld se gelukkigste land, Namibie 106de
Dit is vandag Internasionale Dag van Geluk wat alle mense se geluk en welstand wil bevorder. Finland is weer eens die wêreld se gelukkigste land. Dit is volgens die jongste Wêreld-gelukkigheidsverslag. Die verslag is gegrond op globale peilingsdata van mense in 143 lande. Die lande word in rangorde van geluk geplaas volgens hulle gemiddelde lewensevaluerings oor die drie voorafgaande jare – in dié geval 2021 tot 2023. Dit is die sewende agtereenvolgende jaar dat Finland eerste is. Denemarke is tweede, gevolg deur Ysland, Swede en Israel. Namibië is 106de op die lys en Suid-Afrika 83ste.