Cope stel verkiesingsmanifes bekend
Cope sê die voorbereiding aan sy verkiesingsmanifes vir Suid-Afrika se komende nasionale en provinsiale verkiesing, vorder goed. Die party se leier, Mosiuoa Lekota, sal Saterdag die party se verkiesingsmanifes by die Suurman-gemeenskapsaal in Hammanskraal, Tshwane, bekendstel. Cope se waarnemende sekretaris-generaal, Erick Mohlapamaswi, sê die manifes sal gesentreer wees rondom talle uitdagings waarmee die land worstel weens meer as 15 jaar van wanbestuur en swak leierskap.