ANC kan weer meer as 50% kry
Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê die algemene verkiesing op 29 Mei is die belangrikste sedert 1994. Dit is van vandag af nog 70 dae voor die verkiesing plaasvind. Die Brenthurst-stigting se jongste peiling is een van vele wat voorspel die ANC gaan minder as 50-persent kry. Silke sê as die ANC se verkiesingsveldtog bo verwagting verloop, kan dit splintergroepe motiveer om weer vir die party te stem en so sy grootste uitdaging sedert die begin van demokrasie oorkom: