Kanada stop wapenuitvoere na Israel
Kanada gaan toekomstige wapenuitvoere na Israel opskort ná die land se parlement ‘n nie-bindende mosie oor die kwessie aanvaar het. Die mosie is deel van ‘n groter voorstel wat ‘n beroep op die internasionale gemeenskap doen om te werk aan ‘n twee-staat-oplossing en ‘n einde te bring aan die konflik tussen Israel en Palestina. ‘n Drukgroep, die Sentrum vir Israeliese en Joodse Aangeleenthede, sê die uitslag is op ‘n dwaalspoor, misleidend en oneerlik. Die Kanadese minister van Buitelandse Sake, Mélanie Joly, sê dit sal ook pogings verskerp om onwettige wapenhandel, insluitend na Hamas, te keer.