Pogings om jeug by stemmery te betrek
Politieke partye sê almal hulle wil die jeug by vanjaar se verkiesings betrek. Die jeug is verreweg die grootste stemblok, maar neem histories nie aan verkiesings deel nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië, oor wat hulle doen om met die jeug te skakel. Siluka sê dat die kommissie tydelike vakante poste geadverteer het om jeug-ambassadeurs in diens te neem om te help met verkiesingsopvoeding onder jongmense.