Groenskema-stelsel werk nie
Sou ‘n trekker se band bars, is die bestuurder van die Uuvhungu-Vhungu-groenskema naby Rundu gedwing om ‘n brief aan die landbouministerie in Windhoek te rig om toestemming en bystand te ontvang. Dan word kwotasies aangevra wat weer Windhoek toe gestuur word. Dit is volgens Pauus Mbangu van die Rundu landelike kiesafdeling. Die groenskema het ‘n begrotingstekort van 46 miljoen Namibiese dollar en kan nie optimaal produseer nie. Daar is ook nie ‘n weegbrug, genoeg toerusting, voertuie en stoorkamers nie. Talle groenskemas in die land funksioneer nie en uit 11 is drie in privaatvenootskappe.